Eldo personeellid word ‘n Protea Netbalspeler!

Eldo personeellid word ‘n Protea Netbalspeler!

posted in: Gauteng, Personalities | 0

Hoërskool Eldoraigne se sportontwikkelingsbeampte, Zanne-Marie Pienaar is pas verkies as lid van die top 15 oefengroep van die Protea Netbalspan. Sy het wel nie saam gaan toer na Australië nie maar is slaggereed om by die span aan te sluit indien hulle haar nodig het.

Die Protea span is tans in Australië vir die Quad-reeks tussen Suid-Afrika, Australië, New-Zeeland en Engeland. Zanne-Marie is dan ook gekies vir die Suid-Afrikaanse Fast 5 span wat 28-29 Oktober in Australië by die Fast 5 Wêreldreeks gaan deelneem. Sy sal dan haar debuut vir die Fast 5 Proteas maak op hierdie vlak.

Op provinsiale vlak is Zanne-Marie meer bekend vir haar bydrae wat sy maak as kaptein by die Golden Fireballs in Gauteng en sy is grootliks ‘n verdedigende speler. Sy het ‘n graad in Sport Wetenskap en lewer ‘n groot bydrae by Hoërskool Eldoraigne se leerlinge en afrigters se ontwikkeling op sportgebied. Daar kan verseker gekyk word na hierdie dinamiese sportster van Hoërskool Eldoraigne en Protea Netbal in die toekoms.