Affies-meisies wen Coke-toernooi in Potch

Affies-meisies wen Coke-toernooi in Potch

Die jaarlikse Coke-toernooi het die afgelope naweek by die Hoër Volkskool Potchefstroom plaasgevind en die Pretoria-skole het weereens in meeste van die ouderdomsgroepe skoonskip gemaak.

Ongeveer 150 netbalspanne uit 7 provinsies het in Potchefstroom byeen gekom om aan die jaarlikse toernooi, wat hierdie jaar sy 21ste betsaansjaar vier, deel te neem.

Met die Nasionale Kampioenskappe om die draai, was dié toernooi ‘n gulde geleentheid vir die top spanne om hul voorbereiding vir die komende naweek se jaarlikse hoogtepunt op te skerp.

In die 0.19 afdeling het die Pretoria-skole weereens oorheers, met Affies-meisies en Garsfontein wat sake in die finaal uitgespook het, en Waterkloof en Zwartkop wat uitgepeel het vir 3de en 4de plek. Menlopark en Eldoraigne sal teleurgesteld wees in hul 5de en 7de posisies in die o.19 afdeling en sal ongetwyfeld hierdie week hard werk aan enige struikelblokke wat in Potchefstroom opgeduik het.

Die uitslae van die finale wedtryde om die top 8 posisies in die 0.19 afdeling, lyk soos volg:

AHMP 24 – 18 Garsfontein

Waterkloof 26 – 14 Zwartkop

Menlopark 28 – Rustenburg 20

Eldoraigne 25 – 10 Diamantveld

Affies-meisies het met die louere weggestap in die 0.14- en o.19- afdelings en was naaswenners in die o.15- en 16 afdelings.  Die skool is ook as die algehele wenners van die toernooi aangewys.

Finale ranglys (alle ouderdomgroepe):

  1. AHMP
  2. Menlopark
  3. Waterkloof
  4. Potch Gimnasium
  5. Garsfontein
  6. Eldoraigne
  7. Diamantveld
  8. Rustenburg
  9. HTS Middelburg
  10. Zwartkop
  11. Ben Vorster
  12. Volkskool
  13. Noordheuwel
  14. Bergsig
  15. Marais Viljoen
  16. Kempton Park
  17. Pietersburg
  18. Vereeniging Gimnasium
  19. Noordkaap
  20. Upington
  21. Lichtenburg
  22. Nelspruit

Die fokus verskuif nou na die Hoërskool Dr. E.G. Jansen in Boksburg waar die Nasionale Hoërskole-kampioenskappe van 6 – 8 Augustus 2017 plaasvind.