Garsies en Menlo lei Pretoria se opmars na Fast 5 Gauteng Kampioenskappe

Garsies en Menlo lei Pretoria se opmars na Fast 5 Gauteng Kampioenskappe

posted in: Fast 5, Gauteng | 0

Die finale rondte van die Tshwane Fast 5 liga het gister by Hoërskool Garsfontein plaasgevind en o.15 en o.18 spanne van sover as Brits het sake uitgespook om deur te dring na die Gauteng Kampioenskappe wat op 9 September 2017 in Boksburg plaasvind.

In die o.18 kompetisie was alle oë gister op die wedstryd tussen Garsies (1) en Menlopark, aangesien die uitslag sou bepaal wie bo-aan die punteleer sou eindig.  Garsies (1) het die wedstryd 19-16 gewen. Menlo het in hul tweede wedstryd van die dag met Garsies (2) afgereken om te verseker dat hulle tweede op die punteleer eindig.

Menlopark se o.15 span het in die laaste drie weke puik netbal gespeel en het onoorwonne uit die stryde getree, met Garsies (1) en Garsies (2) in die tweede en derde posisies.  Die o.15 span van Rosina Sedibane Sportskool het baie kompeterende netbal gespeel en met Wagpos en Woodhill College afgereken om hul uitnodiging na die Gauteng Kampioenskappe te verseker.

Die volgende spanne dring deur na die Gauteng Kampioenskappe:

o.18

  1. Garsfontein (1)
  2. Menlopark
  3. Garsfontein (2)
  4. Wagpos

o.15

  1. Menlopark
  2. Garsfontein (1)
  3. Garsfontein (2)
  4. Rosina Sedibane

Hiermee al die uitsle en finale puntestand: