Outeniqua sluit die seisoen op ‘n hoogtepunt af

Outeniqua sluit die seisoen op ‘n hoogtepunt af

posted in: Western Cape | 0

Die afgelope naweek het die jaarlikse FNB Netbal Classic Clash tussen Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Oudtshoorn in George plaasgevand.

Van die eerste afgooi af was dit duidelik dat Outeniqua met ‘n reeks vinnige doele sommer vroeg hul stempel op die wedstryd wou afdruk. Na die eerste kwart was die telling 10 – 3 in Outeniqua se guns.

Aan die begin van die tweede kwart het Struisies egter hul ritme begin herwin. Struisies se verdedigers het hul goed van hul taak gekwyt en die lewe vir Outeniqua se aanvallers moeilik gemaak. Outeniqua het egter nie teruggestaan nie en teen halftyd was Outeniqia steeds in beheer van die wedstryd met die telling op 21 – 8.

In die derde kwart het albei skole mekaar opgekuil en het die wedstryd vinnig na ‘n volgende rat oorgeskakel met vasberade netbal deur elke speler op die baan.  Outeniqua se kaptein, Minneke van der Merwe het op VV ‘n uitsonderlike wedstryd gespeel. Aan die einde van die derde kwart het Outeniqua 29 – 12 voorgeloop.

In die laaste kwart het Struisies se doel haar baie goed van haar taak gekwyt. Outeniqua se verdedigers was egter ongenaakbaar en het met briljante netbal vorendag gekom. Die wentelling was 37 – 17 in Outeniqua se guns.

“Dit is altyd ‘n harde wedstryd wanneer dié twee skole mekaar op die netbalbaan pak en was weereens ‘n goeie afsluiting tot ‘n opwindende netbalseisoen. Baie dankie aan albei skole se kompeterende spelers wat pragtige netbal opgelewer het. Ons sien uit daarna om hulle volgende jaar weer op die netbalbaan raak te speel,” het Martell Stronach van Hoërskool Outeniqua na floop van die wedstryd gesê.

Foto: Hugo Redelinghuys